Meer oor my

Ek woon nou al sedert 2011 net so buite Parys, in Frankryk. Op ‘n klein dorpie met die naam Beynes.

Nou is dit amper net ek en Danie in die grote huis. Die kinders is besig om studies af te handel en trouplanne te maak.

Ek het groot geword op ‘n nog kleiner dorpie in die Noord-Kaap in Suid-Afrika, met die naam van Koegas (of Koegasbrug, as jy wil.)

One reis ‘n bietjie en werk baie. Meestal by die werk, en nog steeds baie aan die huis ook.

Ek het voorheen op Koegas2Paris geskryf. Toe ek begin werk het in 2016 het die tyd vir skryf min geraak. En miskien het die lewe ook te gewoon geraak om oor te skryf.

Nou het ek die behoefte om in afrikaans te skryf. Miskien nuwe dinge, of dalk sommer herinneringe oor die vorige 8 jaar.

Welkom. Hoop ek sien jou weer.


Koegas 2 Paris – the previous blog


%d bloggers like this: